Frankie en Felipé

Uit die regiseur se mond

Nuus

Deur

Rick Bronkhorst

Rick Bronkhorst gesels met Martin-Lee Beukes oor sy nuwe film Frankie en Felipé

V: ⁠Dit is moeilik om seker te maak ’n komedie is snaaks vir almal wat daarna kyk. Hoe het jy te werk gegaan met die regie om seker te maak die karakters dra hul unieke humor aan die kykers oor?

 A: Jy kan nie ‘n komedie maak, wat almal dink snaaks is nie. So, jy kies uit watse oogpunt jy dit wil vertel en jy gaan 100% met dit. Ons het seker gemaak dat almal van ons wat betrokke is by die storie vertel gedink het dat die grap wat ons maak snaaks is. As almal van ons gedink het. Dis nou ek, Sollie (Solomon Cupido), Bradley (Bradley Olivier) en die mense op stel. As almal van ons gedink het was ons “representative” genoeg van die kykers wat dit gaan kyk.

 V: ⁠Was jy betrokke met die draaiboekskryfproses of was jy genader om slegs die regie te behartig?

 A: Ek was nie betrokke by die skryf van die draaiboek nie, maar nadat ek aanboord gekom het as regisseur het ek ‘n tipe van ‘n “directors-draft” gedoen. So, ek is op Johannesburg toe en ek het saam met Solie en Bradley gesit. Die storie uitmekaar uit getrek. Tonele bietjie rondgeskuif, tonele herskryf, om die “script” te kry op ‘n plek waar ek voel dit is iets wat ek wil “direct”. Waarop ek my stempel kan afdruk. Ek het so hier en daar ‘n toneel geskryf. Maar die “script” is Bradley en Sollie s’n.

 V:⁠ ⁠Hoe het julle te werk gegaan met die skep van die karakters?

 A: Ek dink die karakters kom uit my, Bradley en Sollie se verlede uit. Veral Bradley en Sollie se geskiedenis. Dit is maar karakters wat ons almal mee groot geword het. Wat ons almal al gesien het “at some point” in ons lewe. Karakters wat ʼn inpak op ons gehad het. Ek sou nie sê dis “archetypes” wat ons “create” het nie, maar karakters wat ons mee kon vereenselwig. Hopelik kan die “audience” dit ook doen.

 V: ⁠Jy’s meer bekend as akteur, maar watse regie lesse het jy daaruit geleer en in Frankie en Felipé toegepas?

 A: Eerstens: die twee is heeltemal verskillend. Verskillende “approaches”. Regie het noodwendig ʼn baie meer tegniese “approach” nodig. As akteur het jy nie al daai tegniese kennis nodig nie. (Dit help om daai kennis te hê. Maar dit is nie nodig nie.) Die enigste ding wat ek as akteur gevat het en as regiseur kon toepas is hoe om met my akteurs te werk. Hoe om “notes” te gee aan akteurs, en om te verstaan wanneer die akteur in ‘n baie “vulnerable” posisie is, en dit dan met die nodige respek te hanteer.

V: ⁠Julle was ’n gedugte span akteurs en rolprentmakers wat die fliek gemaak het. Het jy soms van die akteurs se idees gebruik en in jou regie in te werk?

 A: Die cool ding van rolprentmaak is vir my dat dit ‘n “collaborative” ding is. Dat almal wat op die stel ‘n “input” kan gee. So, of dit nou die “director of photography” of die akteurs of die “focus-puller” is wat sê “miskien moet hulle dit doen. Ek probeer oopkop bly vir al daai goeters. Die regiseur se “job” is om die “overarching” goed, die “big picture” in gedagte te hou. So, ek het myself as die filter gesien, maar ek het alle idees verwelkom. As daai idee volgens my gewerk het, dan het ons dit gebruik.

V: ⁠Die Suid-Afrikaanse en veral die Afrikaanse filmbedryf is hard getref na die Covid 19-pandemie en gevolglik word minder flieks gemaak. Dink jy die mark vra vir ander idees? Watse advies sal jy vir jong aspirante filmmakers gee wat in jou voetspore wil volg?

A: Ek dink Covid het ʼn effek gehad, maar ek dink “streaming” het ‘n baie groot effek op hoe mense “movies consume”. Dit is ongelukkig baie duur om na ʼn fliek te gaan kyk en dit is baie goedkoper vir mense om by hul huis te sit en daarna te kyk. Maar ek was onlangs weer in die “cinema” en ek het gesien hoe mense op Frankie en Felipé reageer. Ek weet hoe ek voel as ander mense saam met my daarna kyk. Dit is ʼn ervaring, daar is niks wat daarmee vergelyk nie. Jy kan dit nêrens anders kry nie. Al is die televisieskerm hoe groot. Dit is die gedeelde ervaring om saam met mense in ʼn rolprentteater te sit wat dit so spesiaal maak. Ja, die mark vra vir ander idees, dink ek. Dis redelik “sad” want ek dink mense verloor die ervaring om “movies” net op die klein skerm en nie op die groot skerm te kyk nie. Dis iets wat ons gaan mis as ons dit nie lewend hou nie.

 My advies vir jong filmmakers is om self “movies” te gaan kyk. Om self in die “cinema” te sit en om seker te maak dat daai kultuur van “movies” toe gaan nie uitsterf nie. Want, ons kan “movies” maak tot ons blou is maar as daar niemand in die “cinema” is om dit te kyk nie gaan die geld opdroog. Maak seker dat ons ‘n kultuur skep waar mens dit nog doen. Waar dit vir mense nog lekker is. Waar mense nog “movies” toe gaan en as ʼn gesin of op ʼn “date” Dit is belangrik vir ons.

 Lees gerus Frankie en Felipé se resensie en besoek DStv Box Office om die komedie te geniet.

WORD DEEL VAN DIE

Nie-Winsgewende Organisasie