Wonder Boy

ʼn Satiriese draaksteek met die president, Malema en sommer ʼn spul politiekery

Nuus

Deur

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Indien die afgelope maand se politieke veldtogte rondom die plaaslike verkiesing nie genoeg drama vir jou was nie, kan jy dalk ʼn draai by jou naaste rolprentteater gaan maak om na Suid-Afrika se eerste hedendaagse mokumentêr (mockumentary) te kyk. In dié rolprent is Wonderboy ʼn jong politikus wat wil opgang maak in die ANC. En hy kom voor kontrasterende besluite te staan wanneer hy sien politiek is nie altyd so edel agter die skerms soos wat dit van voor af lyk nie. Anna-Marie Jansen van Vuuren het by die regisseur, John Barker gaan kers opsteek en by hom uitgevind hoekom hy en die hoofakteur, komediant Kagiso Lediga, dié fliek wou maak.

AJVV: Wat was julle doelwit met Wonderboy for President?
JB: To create dialogue… because we thought that there was a lack of leadership in the country, and nothing has really changed in our view. So ons wou iets maak wat mense sou aanmoedig om die huidige politieke landskap te bespreek.

AJVV: Wat is jou definisie van ʼn mokumentêr?
JB: ʼn Mockumentary neem ʼn baie ernstige film genre – ʼn politieke dokumentêr – en vermeng dit met fiksie elemente om dit in ʼn satire te verander. So dit is ʼn manier om ʼn ernstige vraagstuk te neem en dit vermaaklik te maak.

AJVV: Maar hoe gaan julle te werk om feite en fiksie te vermeng?
JB: Byvoorbeeld een deel van die plot is waar die karakter Wonderboy verlief raak op ʼn meisie uit die opposisieparty, (ʼn tipe Lindiwe Mazibuko karakter). We took fictitious characters and tied it in with the storyline and then cut to footage of real characters like Julius Malema, Mmusi Maimane and Jacob Zuma, and their reactions from real footage is edited in with the storyline that we created. For example when Wonderboy falls in love with a lady from the opposition, we cut to a shot of Jacob Zuma where he says: “I was shocked…”

AJVV: En julle het ondermeer ook in 2012 by die ANC Mangaung konferensie beeldmateriaal verfilm. Hoe het julle toestemming hiervoor gekry?
JB: Ons was eintlik baie gelukkig. Op ʼn stadium was ons bekommerd om onder die mokumentêr se naam, Wonderboy for President, aansoek te doen vir media akkreditasie, want ons was bang dat hulle ons versoek sou afkeur. So ons het dit eers oorweeg om aansoek te doen onder die voorwendsel dat ons ʼn regte dokumentêr daar gaan verfilm. Maar gelukkig het ons toe nie. Ons het oop kaarte gespeel. En toe die prokureurs later na die fliek gekyk het, om te besluit of ons in die moeilikheid daaroor sou kom, het hulle gesê dis die beste ding wat ons kon gedoen het – dat ons eerlik daaroor was van die begin af.

AJVV: Hoe het die politici op hierdie fiktiewe karakter, Wonderboy, gereageer, as julle hulle genader het vir onderhoude?
JB: We would literally go to them, with Kagiso Lediga in character, and say – ‘this is Wonderboy, he is a fictitious character, but would like to do an interview with you in character, would you mind answering some questions?’ Most of the politicians were amazing. Like Mmusi Maimane, Helen Zille and Zwelinzima Vavi all answered the questions in character, and they gave us permission to use the footage. All of them were great sports.

AJVV: Wonderboy for President het reeds ʼn hele paar vertonings gehad. Wat is die reaksie sover?
JB: Ongelooflik. Ons het ons wêreldpremière by Durban Filmfees gehad, waar dit ʼn baie groot gehoor getrek het. Die fliek het ʼn goeie ontvangs gekry – almal het op die regte plekke gelag. En daarna het ons ook goeie resensies gekry toe dit by die algemene loket vrygestel is. I think everyone understands that we just wanted to put a film out there that shows that as South Africans we don’t take ourselves too seriously and we just want to laugh a little bit – en dis hoekom gehore dit geniet.

Hierdie artikel is ʼn verkorte weergawe van ʼn onderhoud wat Anna-Marie oorspronklik vir Monitor, die nuusprogram op RSG gedoen het.

Word deel van die vriendekring