Dit Het by Aksente Begin

Sharlto Copley

Nuus

Deur

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Ons ken hom as die hoofakteur, Wicus, in District 9, die aweregse Murdoch in die fliekweergawe van A-Team en meer onlangs as die koning teenoor Angelina Jolie in Maleficent. En tans kan ‘n mens vertolk hy die stem van die intelligente amper mens robot in Chappie, Neill Blomkamp, die Suid-Afrikaans gebore regisseur se nuutste fliek.

Sharlto Copley sê dat hy al van kleins af probeer het om aksente na te boots. Die aksente van die karakters Spies en Plessis was gunstelinge. “Nou sit hy daar en vertel sy storie en eet sy mielie en dan sit sy tand vas in die mielie,” skerts hy telefonies vanuit Los Angeles, waar hy deesdae woon, met Bioskoop se Anna-Marie Jansen van Vuuren. (Luister die klankgreep hier).

Copley sou eintlik eers as ‘n vervaardiger op District 9 gewerk het, maar toe vra Blomkamp hom om vir Peter Jackson (die vervaardiger van onder meer die Lord of the Rings en Hobbit-trilogie te demonstreer hoe ‘n Suid-Afrikaanse staatsdienswerker sal lyk (en klink). “Toe sê Neill vir my: Sharlto, jy doen mos aksente, improvise en skiet net iets in Suid-Afrika om vir Peter te wys hoe hierdie stereotype van ‘n burokraat uit die ou regering sou lyk. En ja, toe sit hulle my in die fliek.” Volgens Copley het dit alles in sy lewe verander. “Ek het geen inroads in Hollywood gehad voor dit nie.”

Maar hoe het hy besluit watter aksent hy vier jaar later vir die robot karakter Chappie sou gee? “Hulle was besig met casting vir Men in Black 3 en ek het ‘n idee gehad om een van die alien karakters ‘n Mitchell’s Plain Cape Flats aksent te gee. MIB3 se mense het nie daarvan gehou nie, maar ek het gedink dis baie snaaks en dit vir Neill gewys.” ‘n Paar weke later het Blomkamp vir Copley gebel en gesê hy werk aan ‘n nuwe fliek oor ‘n menslike robot en hy wil hê Copley moet die einste aksent gebruik, want die rapper Ninja gaan die robot se pa speel. “En dit is nie iets wat jy gou weer in jou lewe gaan sien nie. ‘n Streetwise Cape Flats robot in a Hollywood film.”

 

Hierdie is ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud wat die eerste keer vir Monitor, die aktualiteitsprogram op RSG, gedoen is. Die volledige onderhoud kan op dié radio stasie se webblad geluister word.

Word deel van die vriendekring