Silwerskermfees

Toekennings

Nuus

Deur

Dee Theart

Na daar vir ’n paar heerlike dae in Kampsbaai nuwe films gekyk is, te veel springmielies geëet is en tot laataand gekarjakker en gekuier is met die “who’s who” van die televisie- en filmwêrelde, word die bloutapyt op Saterdagaand, 26 Augustus, vir oulaas uitgerol vir die Toekenningsaand van die Silwerskermfees. Die héél eerste kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie.

Hierdie spoggerige geleentheid het by die CTICC in Kaapstad plaasgevind en anders as vorige jare het die geleentheid nie net filmfundi’s nie, maar ook televisiesterre vereer vir fantastiese werk gelewer tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023, wat vir topgehalte vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

Die uiters vermaaklike Cindy Swanepoel en Solomon Cupido was die hoofankers van die aand, en gasaanbieders en musiekitems deur onder andere Margot Rothman, Joshua Na Die Reën, en Tasché, het die gehoor en kykers by die huis op die punte van hul stoele gehou.

Die Bioskoopspan was ook daar en is uiters trots om deel van hierdie kreatiewe landskap te vorm!

Beste Speelfilm: Hans steek die Rubicon oor. Van Links: Corné van Rooyen, René van Rooyen & Tascha van der Westhuizen. Foto: Retha Ferguson

Hier is die lys van die 2023 wenners vir Film en Televisie:

Speelfilm: Beste produksie-ontwerp    

Dean Abrahams – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan        

Edward George King – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste draaiboek      

Elanie Rupping, Bibi Slippers – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste klankontwerp

Tim Pringle – Blindelings 

Speelfilm: Beste kinematografie          

Johannes Pieter Nel – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste redigering      

Eva du Preez – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Kortfilm: Beste kinematografie

Alfonzo Franke – Die Blokke 

Kortfilm: Beste oorspronklike klankbaan          

Edward George King – Volle bors

Kortfilm: Beste klankontwerp  

Adriaan Drotsché (Audiopimps) – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste redigering        

Johannes Pieter Nel – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste produksie-ontwerp      

Burger Meyer – Karen

Kortfilm: Beste draaiboek        

Roxanne Blaise & Mujaahid Valley – Die Blokke

Kortfilm: Beste regie    

Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen – ’n Doop om stilte

Beste dokumentêr       

Besmet

Dokumentêr: Beste regie         

Reginald Hufkie & Frankie Opperman – Langafstand

Dokumentêr: Beste redigering

Adi van der Walt – Besmet

Dokumentêr: Beste klankontwerp       

Renier van Niekerk – Call of the Wild

Spesiale Vermeldings:    

Ensemble-spel – Straatrotte

Garderobe – Old Righteous Blues

Grafika – Straatrotte

Choreografie en waaghalstoertjies – Die Swart Draak ontwaak

Poppespel – Thrift tot die dood

Feesgunsteling 

Straatrotte                  

Beste ondersteunende rol in ’n drama 

Nicole Holm – Donkerbos

Speelfilm: Beste ondersteunende akteur          

Joshwin Dyson – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste ondersteunende aktrise         

Bianca Flanders – Frankie & Felipé

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie          

Devonecia Swartz – Arendsvlei

Beste aanbieder: Kookprogram

Alfred Adriaan – Roer!

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram  

Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.

Beste skurk in ’n telenovela of sepie    

André Odendaal – Binnelanders

Beste aanbieder in ’n speletjiesprogram          

Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr

Kortfilm: Beste akteur 

Gershwin Mias – Die Blokke

Kortfilm: Beste aktrise 

Roeline Daneel – As

Beste aanbieder in ’n gespreksprogram

Heindrich Wyngaard – KLOP!

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

Bertus Basson – In die sop

Beste akteur in ’n telenovela of sepie  

Dann-Jacques Mouton – Arendsvlei

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie  

Cindy Swanepoel – Binnelanders

Beste TV-oomblik van die jaar  

Suidooster – Mnr. en Mev. Samsodien se troue

Beste akteur in ’n komedie      

Desiré Gardner – Magda Louw

Beste aanbieder in ’n buitelug-aktiwiteitsprogram       

Dewald Visser – Mal kamper

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

Hannes van Wyk – Kwêla

Beste akteur in ’n drama          

Edwin van der Walt – Donkerbos

Beste aktrise in ’n drama         

Erica Wessels – Donkerbos

Beste TV-film   

Vuurdoop – André Velts Films

Beste ensemble-aanbiederspan

La’t wiel

Beste aanbieder in ’n aktuele program 

Lourensa Eckard – In gesprek

Beste kortfilm 

’n Doop om stilte

Persoonlikheid van die jaar      

Jonathan Rubain – Koortjies

Speelfilm: Beste regisseur        

Corné van Rooyen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste akteur

Pierre van Pletzen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste aktrise

Carla Smith – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste speelfilm

Hans steek die Rubicon oor

Lewensbydraes 

André Scholtz

Cedwyn Joel

Freek Robinson

 

Baie geluk aan al 34 wenners! Mag jul aanhou kuns skep en aanhou inspireer!

Silwerskermfees, ons sien jou weer in 2024!

WORD DEEL VAN DIE

Nie-Winsgewende Organisasie